Kan Ek My Matriek Aanlyn Voltooi?

Ja, jy kan jou matriek sertifikaat kry deur aanlyn te studeer. Jy kan ‘n Volwasse Matriek kursus voltooi deur middel van afstandsonderrig.  

Wat Is ‘n Gewysigde Nasionale Senior Sertifikaat?

Die Gewysigde Nasionale Senior Sertifikaat is ‘n toekenning wat op dieselfde vlak is as ‘n Nasionale Senior Sertifikaat (matriek). Die Volwasse Matriek program bied ‘n geleentheid vir studente wat nie matriek geskryf het of nie matriek deurgekom het nie om ‘n matriek sertifikaat te kry.

Daar is ‘n paar verskille tussen die Gewysigde Nasionale Senior Sertifikaat en die tradisionele matriek sertifikaat:

  • Daar is minder vakke om te voltooi
  • Die kursus het laer slaagvereistes
  • Daar is geen fisiese klasse nie, so jy sal nie ‘n klaspunt kry nie
  • Die kursus het spesifieke aansoekvereistes

Afstandsonderrig En Die Volwasse Matriek Program

Bellview Institute of Distance Learning bied die Volwasse Matriek program aan. Daar is geen in-persoon klasse wanneer jy studeer deur middel van Afstandsonderrig nie. Alle assesserings moet aanlyn ingehandig word.

Jy moet slegs jou finale matriekeksamens by ‘n geallokeerde eksamensentrum skryf wat deur die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding georganiseer word.

Bellview Se Geakkrediteerde Volwasse Matriek Program

Hier volg die akkreditasie-besonderhede vir Bellview se Volwasse Matriek program:

  • Program: Nasionale Kwalifikasie
  • Kursusnaam: Gewysigde Nasionale Senior Sertifikaat
  • SAQA ID nommer: 49647
  • NQF vlak: 04
  • Toekenning: Senior Sertifikaat
  • Geakkrediteer en uitgereik deur: Umalusi

Dit is nie meer ‘n vereiste vir opvoedkundige instansies om deur ‘n akkreditasie-program te gaan om die Volwasse Matriek kursus aan te bied nie. Hierdie geld ook vir Bellview. Die toekenning wat jy sal ontvang, is steeds ten volle geakkrediteer deur Umalusi.

Aansoekvereistes Vir Volwasse Matriek

Indien jy vir Volwasse Matriek aansoek wil doen, moet jy die volgende hê:

  • ‘n Graad 9 (of gelykstaande) sertifikaat 
  • ‘n Onvolledige matriek-uitslag (wat wys dat jy nie matriek geskryf het nie of dat jy nie jou matriekjaar geslaag het nie)
  • Jy moet ten minste 21 jaar oud wees om jou eindeksamen te skryf

Hoe Lank Vat ‘n Volwasse Matriek Kursus?

Jy kan kies om die Volwasse Matriek program te voltooi in:

  • 12 maande
  • 24 maande
  • 36 maande

Dit word aanbeveel dat jy die kursus in 12 of 24 maande voltooi, solank jy ten minste 21 jaar oud is wanneer jy jou finale eksamens moet skryf. 

Voordele Van ‘n Matriek Sertifikaat

Daar is baie voordele wat jy sal kry wanneer jy ‘n matriek sertifikaat het, byvoorbeeld:

Aanvaar Universiteite Gewysigde Nasionale Senior Sertifikate?

Ja, hierdie kwalifikasie word deur universiteite aanvaar. Indien jy jou matriek slaag op ‘n Baccalaureus vlak, sal jy aan een van die basiese universiteits-vereistes voldoen.

Daar is ook ‘n klomp ander vereistes waaraan jy sal moet voldoen wat verskil van universiteit tot universiteit. Jy moet dus seker maak dat jy die regte vakke vir jou Volwasse Matriek kursus kies en dat jou punte hoog genoeg is om aanvaar te word vir die universiteitsprogram van jou keuse.

Volwasse Matriek By Bellview

Jy kan vir die Volwasse Matriek kursus by Bellview aansoek doen deur:

Outeur: Karla Nortier
Redaktrise: Megan Dreyer
Datum Gepubliseer: Desember 1, 2021